Hierdie voorlegging is eerstens in konsepvorm aan die Bybelgenootskap en vertalers van die nuwe (2016) Bybelvertaling beskikbaar gestel. Nadat die terugvoeringstydperk verloop het, en terugvoerings oorweeg is, is die voorlegging in boekvorm gepubliseer en beskikbaar op die internet. Ons verklaar dat niks in hierdie voorlegging teen enige persoon, of groep persone, of instansie gemik is nie. Teksverwysings wat hierin voorkom, is uit die 1953-Vertaling geneem, tensy anders vermeld. Hierdie dokument kan met vrymoedigheid gereproduseer word.